
=====================================================================
'n Woordlint van land tot land (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Woordlint van land tot land

Ons klein en silwerige planeet, saamgestel deur   Johann Lodewyk Marais en Ad Zuiderent;   uitgegee deur J.L. van Schaik. Prys: R45,50

DI digundel bestaan uit Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing. Sewentig digters uit Suid-Afrika en die Lae Lande het 
gedigte bygedra. Dit is die eerste publikasie waarin tekste in Afrikaans en Nederlands onvertaald en sonder woordverklarings opgeneem is.

Van die kant van J.L. van Schaik Uitgewers is   hierdie boek die optel van 'n silwer draad wat ons aan die Lae Lande bind. Van Schaik se 
boekesaak in Suid-Afrika is immers begin deur Johannes Lambertus van Schaik, wat op 2 April 1888 in Weesp naby Amsterdam gebore is.

In 1911 het hy na Suid-Afrika gekom as bestuurder van die Amsterdamse boekesaak J.H. de Bussy se takwinkel in   Johannesburg en in 1914 het 
hy 'n klein algemene boekesaak in Pretoria oorgeneem wat sedertdien 'n landteken in die inheemse uitgewers- en boekebedryf geword het.

In 1986 het die maatskappy ingeskakel by die landwye belange van die Nasionale Boekhandelgroep van die Nasionale Pers en later is 'n deel 
van die fondslys van die akademiese uitgewery Academica, wat ook publikasies op die terrein van die Nederlandistiek gepubliseer het, by 
J.L. van Schaik ingelyf. Met die publikasie van Ena Jansen se   Afstand en verbintenis -- Elisabeth Eybers in Amsterdam   is die silwer 
draad met die Lae Lande opnuut opgetel.

Die verskyning van Ons klein en silwerige planeet   (wat mede moontlik gemaak is deur die Nederlandse Taalunie en die   Fonds 
Nederlandistiek in Suider-Afrika) kan gesien   word as 'n voorloper van die nuwe benadering waarvoor W.F. Jonckheere 'n sterk   saak 
uitgemaak het tydens die colloquium oor Nederlandistiek verlede jaar op Itala, KwaZulu-Natal. Daar sal in die toekoms interaktief, 
interkultureel en interartistiek oor regionale en internasionale grense saamgewerk moet word indien die Nederlandistiek relevant wil bly in 
Suid-Afrika en indien ons Afrikaans ook relevant wil maak in die Lae Lande.

Ons klein en silwerige planeet het aan sowel Afrikaanse as Nederlandstalige digters die geleentheid gebied tot samewerking rondom 'n 
aktuele tema. "Die bundel gee 'n aanduiding van die stand van die 'groen gesprek' in die posie in Suid-Afrika en die Nederlande, en van 
die wyse waarop digters van die suide en die noorde oor die onderwerp skryf.

Indien hierdie boek daarin sal slaag om nuwe lesers vir Nederlands in Suid-Afrika en vir Afrikaans in die Nederlande te wen, sal dit nie 
net 'n woordlint tussen digters en tale span nie, maar ook tussen die uitgewers- en boekebedrywe in die onderskeie lande. Dr. Francis 
Galloway   is werksaam by J.L. van Schaik Uitgewers.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5211.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

